Wat gebeur in huiskerk byeenkomste?

Daar is ‘n Skrifgedeelte in die Bybel wat huiskerk byeenkomste baie mooi beskryf:

1 Kor. 14:26

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.

Wat ‘n dinamiese Skrifgedeelte in die Bybel!

Geen mens kan die dinamiek van hierdie Bybelvers behoorlik verstaan nie wat nog van die openbaring van Jesus Christus alles deur homself te kanaliseer. Die kern van die dinamiek rondom hierdie versie is elkeen se persoonlike en praktiese ervarings gedurende die week wat uiteindelik deur die Heilige Gees, wanneer hulle bymekaarkom, gebruik word om Jesus te openbaar aan elkeen deur elkeen wat teenwoordig is.

Let op die woord “elkeen” wat aandui dat almal aktief betrokke is. Die Heilige Gees was in beheer en het elkeen gelei om Jesus aan die ander te openbaar op Sy unieke manier. Hier kan ons reeds sien dat Jesus deur middel van die Heilige Gees in beheer van die samekoms is. Geen mens staan is sy pad nie. Almal wag met afwagting af om te sien en te ervaar wat God volgende gaan doen.

Wat presies gebeur wanneer ons saamkom? Wat is die bruid se Godgegewe taak?

  1. Om Jesus Christus aan mekaar en die wêreld uit te beeld en voor te stel soos hulle Hom nog nooit geken het nie as funksionerende priesters in sy lewende huis as deelnemende lede van sy liggaam.
  2. Om die lewe en koninkryk van God tot in sy uiterste graad ten toon te stel.
  3. Om Christus, haar bruidegom, te reflekteer wanneer sy uitdrukking gee aan Hom. Sy staan op die aarde as lewende bewys van die bruidegom se liefde, provisie, beskerming en rykdom totdat Hy kom om haar te kom haal. Deur haar is sy skoonheid, passie, en aantreklikheid sigbaar in die wêreld.
  4. Om uiteindelik die heelal te vul met die heerlikheid van Christus.
  5. Om ‘n diepe liefdes verhouding met Christus te hê, Hom passievol lief te hê, en te kom by Ef. 3:19 deur die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat sy (die kerk) vervul kan word tot al die volheid van God.
  6. Om die Goddelike openbaring van Jesus in gehoorsaamheid uit te bou deur die Geestelike gawes totdat sy mense sprakeloos en aangenaam oorweldig staan in die teenwoordigheid van sy glorie en heerlikheid.
  7. Deur ‘n gedeelde lewe as familie van God te leef.
  8. Om saam te leer om deur die inwonende Jesus te lewe.
  9. Om God se outoriteit hier op aarde uit te oefen.

1 Kor. 12:28

En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

Let op die woord “sommige” wat in die gemeente gestel is. Dit is weereens nie net een persoon nie. Al die gawes van die Gees kan tog nie net deur een persoon werk nie.

Ef. 4:13-16

Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Let op die woorde “goed saamgevoeg en saamverbind” en ook “ondersteuning wat elke lid gee”. Hier sien ons weereens dat elkeen betrokke is om die hele liggaam op te bou en te ondersteun.

U kan sien dat daar geen sprake van individualisme hier bo is nie. God werk altyd met die korporatiewe. Hy werk met sy kerk in sy geheel. Hy werk met sy gemeente in die geheel. Selfs die Godheid is in gemeenskap met mekaar. Daar is ‘n 1 Korintiërs 13 liefdes verhouding tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Al drie is gelyk aan mekaar. Die een doen niks waarvan die ander nie weet nie. Daar is ‘n absolute staat van wedersydse harmonie, liefde, respek en gedeelde gemeenskapslewe binne die Goddelike Drie-eenheid. God se passie en missie is om daardie selfde wedersydse harmonie, liefde, respek en gedeelde gemeenskapslewe uit te brei na sy kerk. Dit wat in die Godheid is moet ook in ons wees wanneer ons bymekaarkom. Almal op gelyke voet in ‘n liefdes verhouding. Dit is die kern van ‘n outentieke Skrif gefundeerde Christelike gemeente van God.

Note that the only way that Christ can be properly expressed is if every member of a church freely supplies that aspect of the Lord that he or she has received. Make no mistake about it: The Lord Jesus cannot be fully disclosed through one member. He is far too rich for that.

– Frank Viola

Wisselwerking:

  1. Is jy gemaklik met ‘n almal deelnemende gemeente of voel jy net die pastoor of herder moet aktief wees tydens die samekomste?
  2. Stem jy saam dat God te “groot” en te “ryk” is om net deur een persoon “uitgedruk” of “verklaar” te word?

Vir meer informasie oor huiskerke, kry die boek, “Huiskerke, Hoe? Hoekom?”, op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment